Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 51 VAN 60

Vandag is 'n goeie dag om dinge te verander!
Besluit om VANDAG 'n lewe wat jy GRAAG wil leef deur Christus te verkry~

1. Leer ken God deur sy Woord te lees en dit 'n prioriteit te maak om met Hom te praat oor wat jy lees en oor jou lewe.
2. Vervang slegte gewoontes met positiewe gewoontes
3. Raak ontslae van vorige gegriefdheid, bitterheid en pyn
4. Maak gesonde keuses – vir jou liggaam, denke, gees en siel
5. Maak 'n verskil in die lewens van ander
6. Maak 'n daaglikse lys van alles waarvoor jy dankbaar is
7. Maak 'n wenslys en begin om die lewe ten volle te GENIET, wees liefdevol en leef jou lewe voluit vir Christus.

Wat is dit wat God spesifiek van jou vra om vandag te verander?
STEL jou voor hoe goed jy oor 'n paar maande sal voel wanneer jy terugkyk na alles wat jy God toegelaat het om in jou lewe en deur jou droefheid te bewerkstellig.

Dit begin met die BESLUIT om VANDAG positiewe veranderinge toe te laat en te implementeer!

As jy Christus nog nooit as jou Verlosser aanvaar het nie, kan jy Hom gerus vandag in jou hart innooi.
Bid eenvoudig hierdie gebed:

"Liewe genadige hemelse Vader,
Dankie dat U u Seun gestuur het om aan 'n kruis vir my te sterf. Ek bely dat ek 'n sondaar is wat 'n Verlosser nodig het. Ek is baie jammer oor my sondes. Vergewe my asseblief al my sondes en kom leef in my hart.
Vandag roep ek uit om verlossing en ek gee my hart en lewe onvoorwaardelik aan U oor.
Ek het nou besluit om geheel en al van my sonde af weg te draai.
U sê in u Woord dat as ons Jesus as ons Here bely en in ons harte glo dat God Jesus uit die dood opgewek het, ons gered sal word.
Ek bely en aanvaar Jesus Christus nou as my persoonlike Here en Verlosser.
Dankie Jesus vir u wonderlike genade en dat U my siel gered het. Herskep my lewe sodat ek al die dae van my lewe heerlikheid en eer aan U kan bring. Amen."

Geluk! Jy is nou 'n wedergebore Christen!
Wat is jou volgende stap?
1. Vind 'n Bybel-gelowige kerk en begin om dit getrou by te woon
2. Begin om elke dag jou Bybel te lees en verwyl tyd saam met God in gebed
3. Jy sal gedoop wil word as 'n uiterlike verklaring van jou nuwe geloof
4. YouVersion en www.LifeChurch.tv het baie gratis Bybelleesplanne en hulpbronne om jou in jou nuwe geloof te help groei.

Vandag het jy 'n paar wonderlike besluite geneem wat jou beslis sal seën!
Welkom in God se familie!
Dag 50Dag 52

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com