Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld
Iets wat ek opgemerk het oor Christene wat hartseer beleef, is dat hulle hoogs dinamies word, aangesien hulle God toelaat om regdeur hul hartseerervaring, hul harte se ingesteldheid te verander.
1. Hulle leef 'n lewe van LIEFDE – hulle het God en ander oorvloedig lief.
2. Hulle plaas hulself onder gesag en wyse raad – hulle respekteer God, hul ouers en, of skoonouers, regering en werkgewer.
3. Hulle ontwikkel daadwerklik en doelbewus die vrugte van die Gees in hulle lewens – LIEFDE, VREUGDE, VREDE, GEDULD, VRIENDELIKHEID, GOEDHEID, GETROUHEID, SAGMOEDIGHEID en SELFBEHEERSING.
4. Hulle is sensitief vir die hart van God – wat vir God vreugde bring, sal vir Christene vreugde bring ... en wat God se hart breek, sal ook 'n navolger van Christus se hart breek.
5. Hulle benader die lewe, en ander, met 'n ewigheidsperspektief – hulle begeer om God se koninkryk lief te hê en te bou en om ook ander lief te hê, aan te moedig en op te bou.
6. Hulle leef 'n lewe van VREDE – hulle streef daarna om harmonie in al hul verhoudinge, gesinne, huwelike en huise te hê. Hulle neem nie wraak nie. Hulle doen goed aan ander.
7. Hulle streef na 'n lewe van getrouheid ... en is GEWERS, nie nemers nie ... in hul huwelike, ouerskappe, gesinne, verhoudinge, huise, ondernemings en finansies.
8. Hulle het 'n hart vir minderbevoorregtes en die wat seer het. Hulle is aktief besig om weduwees, weeskinders, bedroefdes, armes en die wat sukkel te bedien.
9. Hulle het 'n hart vir evangelisasie en sending. Hulle is lief vir alles wat God in hulle lewe gedoen het en wil graag hul getuienis en geloof met ander deel.
10. Hulle leef 'n lewe van GELOOF en HOOP – hulle verstaan dat lewe op aarde nie die eindbestemming is nie. Swaarkry versterk hul geloof en hoop. Beproewinge louter hulle en slyp hulle om deur God gebruik te word en sy uiteindelike doel te verwesenlik. Hulle leef hulle lewensdoel met vreugde uit.
11. Hulle leef 'n lewe van diens. Hulle soek maniere om vir ander tot nut te wees in plaas daarvan om 'n las te wees. Hulle soek maniere om ander te seën. Hulle is meer as gewillig om hulle moue op te rol om God, hulle gesinne, vriende, kerke en ander te help.
12. Hulle strewe 'n lewe van WYSHEID na en nie van dwaasheid nie. Hulle gee vir God volle toegang en die "laaste sê" in hul lewe en lewenskeuses.
13. Hulle leef 'n lewe van selfbeheersing eerder as selfbevrediging. Hulle probeer om moreel, eties en verantwoordelik te lewe en het 'n gewete oor wat die beste sou wees om God se doel vir hul lewens na te streef. Hulle verstaan en implementeer verstandige grense.
14. Hulle leef hul lewens op God se skedule eerder as hulle eie. Hulle streef daarna om in hulle huise, kerke, skole en werkplekke 'n verstandige skedule te ontwikkel en te implementeer wat harmonie handhaaf. Aangesien hulle verstaan hoe kosbaar tyd werklik is, koop hulle wyslik die tyd uit wat God aan hulle toevertrou.
15. Hulle respekteer en implementeer GEMEENSKAP – hulle "leef die lewe" met ander. Hulle staan tyd af om in goeie en slegte dae vir God, hul lewens, gesinne, vriende, geliefdes, kerke, asook elke oomblik waarmee God hulle seën, te geniet. Hulle is bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Hulle sien die wonder van lewe en God se hand in elke oomblik. Hulle poog om sterk gesinne, huwelike, kerke, vriendskappe, raadgewers en gemeenskappe te vestig. Diegene wat treur, het 'n kragtige vermoë om God lief te hê, ander lief te hê en die wêreld te verander.
Wat het jy deur jou hartseer geleer? Ek sê vir jou, hartseer is een van die kragtigste leermeesters waaruit jy lewenslesse kan leer.

Aangaande hierdie leesplan
Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.
More
We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com