Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld
'n Paar jaar gelede was daar 'n Amerikaanse TV-program "Where In The World Is Carmen Sandiego"? Die drie deelnemers aan die program het die uitdaging gekry om die hoof van 'n internasionale misdaadorganisasie op te spoor deur hul kennis in aardrykskunde toe te pas. Hulle het leidrade gekry om vas te stel waar hy hom van stad tot stad en land tot land bevind. Die vertoning was gedeeltelik geskep in reaksie op 'n "National Geography"-opname wat aan die lig gebring het dat Amerikaners min kennis van aardrykskunde het, en slegs een uit elke vier mense die Stille Oseaan of die Sowjetunie kon plaas.
Net soos hierdie deelnemers 'n kans gehad het om uiteindelik die ligging van Carmen Sandiego met hul kennis oor aardrykskunde te ontdek, het Christene die geleentheid om Jesus Christus "op aarde" te ontdek. As ons ons "geestelike brille" opsit en God in sy Woord soek, in gesprekke met ander, deur omstandighede, in gebed, die skepping en ander alledaagse gebeure, kan ons ook 'n lewende verhouding met Hom deur ons hele dag naspoor en waardeer.
Na die verlies van my suster en verloofde binne 30 dae uit mekaar, het ek meer intens as ooit tevore tot God begin uitroep. Vir agt maande het ek uitgeroep: "Here, dit is al agt maande ... kom ons maak werk daarvan!" Ek het niks gedurende daardie agt maande gehoor nie. Tog het ek kort daarna God weer begin sien en hoor in die klein dingetjies. Dit het byvoorbeeld gelyk of 'n sekere Bybelvers vir my lewend geword het, asof daardie spesifieke vers net vir my geskryf is!
Ek wil jou aanmoedig om te begin uitroep: "Here, leer my om U te soek. Ek weet nie hoe nie en ek weet nie wat U bedoel nie, maar ek wil U vind. Ek wil nie wag totdat ek in die hemel kom om 'n hegte verhouding met U te begin geniet nie. Ek wil elke dag u hand en hart in my lewe, en in diegene om my sien werk."
As jy ernstig na God in die klein besonderhede "soek", sal jy Hom vind. Elke liewe dag!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.
More
We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com