Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 22 VAN 60

Het jy al ooit gewonder hoe God wil hê ons iemand moet behandel wat ons 'n onreg aangedoen het? Wanneer iemand ons verontreg het, sal ons ons natuurlik wil wend tot bitterheid en gegriefdheid ... miskien selfs wraak ... God het egter 'n beter manier.

Wanneer mense ons, of diegene vir wie ons lief is, gewond het, kan ons dalk voel asof ons die reg het om verbitterd te wees of om wraak te neem.

In sulke oomblikke is dit noodsaaklik dat ons die waarhede van die Skrif onthou en die Woord van God gehoorsaam.

God se manier is eenvoudig dit: moet nooit wraak neem nie ... seën eerder diegene wat jou vervolg, bid God se seën oor hulle af; moet hulle nooit vervloek nie ... lewe eerder in vrede met almal; wees eerbaar in alles wat jy sê of doen en oorwin die kwaad met die goeie.

Sjoe! Dis soms baie moeilik en baie gevra! Hoe erger die oortreding, hoe moeiliker kan dit wees om hierdie opdrag uit te voer.

Wanneer ons dinge self wil hanteer, of ons manipuleer 'n situasie deur middel van gedagtes van wraak, steel ons van God. God sê dat wraak Syne is.

Hy weet presies wat sy doel met elke omstandigheid is wat Hy toelaat.

Ons is geneig om dinge te verbrou wanneer ons verbitterd raak en wanneer ons weier om God te vertrou.

As dit soos 'n groot, onbereikbare taak lyk, help dit om te weet dat ons oortreder nie eintlik heeltemal die probleem is nie. Die Bybel sê ons voer nie 'n stryd teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug (Efesiërs 6:12).

Die vyand hou daarvan om chaos in ons lewens te skep, want dit hou ons ver van ons Reddingstou af ... God. As die vyand ons verhouding met God kan saboteer of in gevaar stel, kan hy voortgaan om nog meer geleenthede van verlies in ons lewens te skep.

Laat hierdie verse jou vandag geheel en al van jou bitterheid bevry. Jy hoef nie verder te beplan hoe jy iemand gaan terugkry nie ... gee dit vir God en laat Hom toe om kragtig in jou oortreder se lewe te werk. Jou werk is om vreedsaam met ander te leef en eerbaar te wees in alles wat jy doen. Laat die werk om jou oortreder aanspreeklik te hou, aan God oor.

Hy is in staat om kragtig in jou lewe en in jou oortreder se hart te werk ... jy moet egter eers sy plan vertrou en gehoorsaam. God wil nie hê dat jou lewe met bitterheid gebombardeer moet word nie. Trouens, Hy wil jou 'n lewe vol seëninge gee ... 'n oorvloedige lewe!

Gedurende die moeilikste dae wanneer ons dink ons kan nie die manier waarop God ons vyande hanteer, gehoorsaam nie, moet ons oor Filippense 4:13 nadink: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee!"

Vra Hom vandag vir sy krag, genade en hulp!

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com