Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 11 VAN 60

Daar is tye in ons lewens, en veral wanneer ons hartseer en verdriet ervaar, waar dit voel asof ons geen hoop het nie. Ons WEET egter ons het hoop in Christus, want ons het waarskynlik hierdie waarheid in die kerk, of moontlik in die Bybel geleer terwyl ons grootgeword het. Om dit werklik te ken teenoor om dit te ervaar, is twee heeltemal verskillende dinge. Ons doel is eintlik om hoop te ervaar, sodat ons weer vreugde in ons lewens kan hê en aan hierdie Hoop regdeur ons lewens in toekomstige lewensuitdagings vas te hou.

Ná die verlies van my verloofde en suster het dit nie gevoel of ek enige hoop meer het nie.
Ek het op Psalm 71:14 in die Bybel afgekom en dit begin bid en dag en nag daaroor nagedink. Ek het aan al die redes begin dink waarom ek hoop het, selfs te midde van my droefheid ... Eerstens, het ek steeds vir God wat omgee vir my pyn en my wil vertroos ... tweedens, het ek nog ander gesinslede wat my deur moeilike tye vertroos en bemoedig ... derdens, het ek 'n persoonlike kopie van die Bybel wat propvol verse van hoop is, veral in die Psalms, waaraan ek ook kan dink.

Dink na oor hierdie vers: "... Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie." – 1 Tessalonisense 4:13
1. Wat is die verskil tussen treur met of sonder hoop?
2. Ken jy iemand wat met of sonder hoop treur?
3. Hoe het dit jou bemoedig of ontmoedig?

Skryf Psalm 71:14 op 'n indekskaart neer of op 'n stukkie papier en hou dit in jou sak. Haal dit drie tot vyf keer per dag uit en dink na oor hierdie vers, fokus op elke woord en dink aan maniere waarop jy dit op jou lewe kan toepas.

Terwyl ons op God en sy Woord fokus en Hom prys deur ons ervaring van droefheid, vind ons 'n kosbare skat: die hoop wat Hy ons bied.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy liefde te ervaar.

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com