Die NalatenskapsreisVoorbeeld

Die Drie Lense
Deur die jare het ek en my vrou, Sharon, baie vrae gekry oor ons reis van bankrotskap tot waar ons van God se beginsels geleer het hoe om geld te bestuur. Mense vra dinge soos: “Hoe keer jy dat jou geld jou vernietig?” of “Hoe verseker jy dat rykdom nie jou kinders ruïneer nie?” Hierdie is geldige vrae, want ons het al almal gesien hoe rykdom gesinne skade berokken en hoe dit individue kan lei tot een of ander vorm van wanfunksie.
Een manier waarop jy vir seker jou nalatenskap kan beskerm, is om na jou rykdom en verhoudings deur drie lense te kyk.
Die eerste lens is God se eienaarskap. Alles behoort aan God (Psalm 24:1) en om sukses te behaal op Die Nalatenskapsreis, beteken ons onthou dat ons God se hulpbronne bestuur. Eendag sal ons rekenskap moet gee oor wat ons met God se goed gedoen het, dus moet ons wys wees met ons finansies.
Die tweede lens is om te vergroot. Rykdom maak van jou meer as wat jy is — hetsy goed of sleg. As jy ‘n boelie met ‘n bietjie geld is, word jy ‘n kolossale boelie met meer geld. Aan die anderkant, as jy nou vrygewig is, sal jy ‘n ware filantroop word soos jy meer rykdom opbou. Wat jy ook al nou is, sal vermeerder word.
Die finale lens is gemeenskap. Ons het hulp nodig om met ons voete plat op die aarde te staan, en kwaliteit verhoudings help ons om goeie besluite oor ons geld te neem. ‘n Soliede gemeenskap hou ons verstandig, terwyl dit lyk of alles om ons deurmekaar is.
Toe die Israeliete die beloofde land bereik het, het Moses hulle uitgedaag om wyse besluite in hulle nuwe tuiste te neem. In Deuteronomium 30:19 sê hy aan die volk dat goeie keuses tot seëninge sou lei. Swak keuses sou lei tot straf.
Die drie lense verskaf ‘n filter om ons te help om beter besluite te neem, wat die pad oopmaak vir seëninge. Kies lewe. Laat eienaarskap, vergroting en gemeenskap die grense vir jou nalatenskapsreis stel.
Wil jy dieper delf in wat die Bybel te sê het oor geld en rykdom? Die Nalatenskapsreis neem jou tot diep in die Woord van God en onthul sy perspektief oor rykdom, jou persoonlike en familie nalatenskap en hoe Hy jou wil gebruik om sy koninkrykswerk wêreldwyd uit te brei. Om meer te leer, besoek daveramsey.com/legacy.
Aangaande hierdie leesplan

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.
More