Die NalatenskapsreisVoorbeeld
Persoonlike Nalatenskap
'n Paar jaar gelede het my vriend Tom Stanley, 'n boek geskryf oor die gewoontes van miljoenêrs, genaamd "The Millionaire Next Door". Dit is 'n goeie boek en het 'n topverkoper geword.
Hy het dit opgevolg met 'n boek genaamd, "The Millionaire Mind", waar hy die persoonlike eienskappe bestudeer het van individue wie se gemiddelde netto waarde sowat R100 miljoen is, en wie se gemiddelde jaarlikse huishoudelike inkomste R7 500 000 is. Jy kan hierdie mense deka(eenheid wat 10 voorstel)-miljoenêrs noem. Jy kan hulle ook baie ryk noem!
Tom se navorsing het daarop gefokus om die ooreenstemmende eienskappe van hierdie ryk mense te vind. Toe hy klaar was, het hy bevind dat die belangrikste suksesfaktor vir hierdie individue eerlikheid was. Die mees algemene eienskap onder hierdie ongelooflike ryk mense was ongelooflike, fanatiese integriteit! Dis vir hulle belangrik!
Dit is 'n interessante draad wat deur die lewens van hierdie suksesvolle mense loop. Miskien moet ons nie verbaas wees nie. As Christene, moet integriteit ook as 'n draad deur ons lewens loop, ongeag ons bankbalans. Paulus het aan die Korintiërs gesê dat enigiemand wat as 'n bestuurder dien, getrou moet wees. Met ander woorde, hy of sy moet met onbetwiste integriteit lewe.
Enkellopend of getroud, ons het 'n verantwoordelikheid om ons persoonlike lewens te beskerm. Ons moet onthou dat God alles besit, sodat dinge nie ons aandag aftrek nie. Ons moet medelye en vrygewigheid ontwikkel in plaas van trots en arrogansie, want geld vergroot wie ons is. En ons moet onsself toerekenbaar maak teenoor ander, sodat ons gefokus kan bly op wat belangrik is.
Bo alles het ons 'n verantwoordelikheid om getrou te wees met wat God aan ons toevertrou het. Ons moet die morele ruggraat aan die dag lê wat ons in staat sal stel om nog meer op 'n betroubare wyse te kan hanteer.
Persoonlike integriteit vorm jou persoonlike nalatenskap. Sonder dit sal jy struikel, en jy sal jou nalatenskap in gevaar stel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.
More