Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 23 VAN 31

Huweliksnalatenskap

As jy getroud is, moet jy iets verstaan: welvaartskepping is 'n spansport. Jy en jou huweliksmaat kan nie rykdom op 'n sinvolle manier bou tensy julle doelbewus saamwerk nie. Julle moet saamstaan, arm-in-arm en sy-aan-sy en God se doel vir julle as 'n egpaar uitleef.

Dit is belangrik, want wanneer paartjies saamwerk om God se hulpbronne te bestuur, is dit makliker om mekaar se motiewe te vertrou. As jy vra: "Wat vertel God ons?", is jy minder geneig om te fokus op dinge soos "Ek verdien dit," of "Ek het regte." Die bou van rykdom as 'n span, beskerm die edelheid van jou verhouding.

Dit is ook belangrik omdat jy nie 'n gekweste huwelik met geld kan genees nie. Te veel mense dink dat geld op een of ander manier al hul probleme kan oplos, maar dis nie waar nie. Geld vergroot net wie ons is en wat in ons lewens aangaan. As jy dus 'n gekweste huwelik het, beteken meer geld net meer skade — en loop uiteindelik op 'n ramp uit. Daarom is die egskeidingsyfer onder lotery wenners vier keer die nasionale gemiddelde. Die krake in die wapenrusting word wyer, en die verhouding breek selfs vinniger uitmekaar.

Een manier om seker te maak dat jy en jou huweliksmaat op dieselfde golflengte bly, is om ander toe te laat om insette in jul lewe te maak. Dink so daaraan: jy word soos die mense met wie jy tyd deurbring. Ons waarsku ons kinders daaroor, maar dit geld ook vir huwelike.

In Spreuke 13:20 het Salomo geskryf: "Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid." In teenstelling hiermee, as jy tyd saam met dwase deurbring, veroorsaak dit net moeilikheid. Dus, as man en vrou, moet julle julself omring met wyse mense wat hul Goddelike wysheid met jou kan deel.

Beide die huwelik en welvaartskepping, vereis spanwerk. As jy doeltreffend in jou nalatenskapsreis wil wees, moet jy jou verhouding met jou huweliksmaat beskerm. Bring tyd saam met wyse mense deur, en jou huwelik sal die voordele oes — finansieël en verhoudingsgewys.

As jy en jou huweliksmaat nie saamstem oor julle geldsake nie, wil ons graag help om die gesprek te begin. Finansiële Vrede Universiteit is ideaal vir paartjies wat hul kommunikasie oor geld wil versterk — selfs as jy nie skuld het nie. Vir meer inligting, besoek daveramsey.com/fpu.

Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy