Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 28 VAN 31

Gee in die Geheim

Om te gee, is die kenmerk van diegene wat reg werk met geld. Dit is omdat ons na God se beeld geskape is, en Hy 'n vrygewige gewer is. Hy het sy Seun gegee (Johannes 3:16), en Hy seën sy kinders ryklik. Daarom verwag Hy dat sy mense ook vrygewig sal wees.

Dit is belangrik, want ons leef in 'n baie selfsugtige samelewing. Ons word maklik verlei om dinge vir onsself aan te koop, maar God roep ons om sy karakter van vrygewigheid te weerspieël. Trouens, ongelooflike vrygewigheid is die teenmiddel vir ongelooflike selfsugtigheid.

Ons moet ook versigtig wees hoé ons gee. In Matteus 6:3-4 moedig Jesus ons aan om in die geheim te gee. Hy het gesê dit moet privaat wees eerder as 'n skouspel. As jy anoniem gee, sê mense dadelik: "God het dit gedoen." Hy kry die eer, en dit is regtig die doel van gawes in Die Nalatenskapsreis.

Ek sukkel nogal hiermee. Ek is baie in die kollig en ek is mal daaroor om te gee. Daar is 'n deel van my wat graag my naam op 'n gebou wil sien. Dit is egter gevaarlik om so te dink, want dan is die fokus net op my. Ek werk regtig hard daaraan om die meeste dinge anoniem te doen. Dit hou my motiewe 'n bietjie suiwerder en gee God die eer wat Hom toekom.

Gee, maar gee met die regte motiewe. Hou dit geheim, dan is dit 'n genot om te kyk hoe God dit gebruik.

Daar sal uitsonderings wees. Soms kan jou gawe iemand anders aanmoedig om te gee. Jy kan jouself in 'n posisie bevind waar jou invloed 'n groot verskil kan maak. Meestal is jy egter beter af om die raad van skrywer, Charles Dickens, te volg: "Doen al die goeie dinge wat jy kan doen en maak so min as moontlik ophef daarvan."

Ware vrygewigheid weerspieël God se roeping in ons lewens, maar dit verg beplanning en oorleg om bemagtig te voel om ten volle te gee. Die Nalatenskapsreis sal jou help om gebalanseerd te gee en jou 'n goeie plan gee om 'n vrygewige lewe te leef. Leer nog meer by daveramsey.com/legacy.

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy