Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 30 VAN 31

Geseënd om ‘n Seën te Wees

Mense regoor die wêreld verstaan die verskil tussen ‘n oop hand en ‘n gebalde vuis. Die eerste is verwelkomend, terwyl die tweede woede en geweld simboliseer. Dr. Billy Graham het eenmaal gesê: “God gee ons twee hande, een om mee te ontvang en een om mee te gee.” Op die Nalatenskapsreis moet albei hande oop bly.

Die Bybel beklemtoon oop hande vroeg in Genesis. Toe God Abram (later bekend as Abraham) na ‘n nuwe land geroep het, het Hy belowe om van hom ‘n groot nasie te maak. Hy het egter ook gesê dat Abraham se seëninge ander sou seën. Hy was geseënd om ‘n seën te vir ander te wees.

Ons word geseën om ander ook te seën. Dit is hoekom jy verskuif van Nou tot Dan tot Ons tot Hulle. God neem jou uit ‘n worsteling om te oorleef na ongelooflike vrygewigheid wat jou stamboom verander en die wêreld herskep.

In sy boek, "In The Spirit of the Disciplines", verduidelik Dallas Willard dat as gelowiges die leuen glo dat rykdom boos is, hulle alles sal weggee. Niks sal oorbly vir God se koninkryk nie, terwyl die ander kant goed befonds sal wees om die ryk van duisternis uit te brei.

As ons as Christene ons verantwoordelikheid vermy, laat ons ‘n geweldige leemte. Geen muskietnette sal gekoop word nie. Putte sal nie gegrawe word nie. Inentings sal nie voorsien word nie. Kinders sal nie kos kry nie. Behoeftes sal nie vervul word nie, want die Satan doen dit net nie vir mense nie.

Margaret Thatcher, die voormalige Britse Eerste Minister, het gesê: “Niemand sou die barmhartige Samaritaan onthou het as hy net goeie bedoelings gehad het nie. Hy het ook geld gehad.” Om geld op God se manier te hanteer, vereis wyse bestuur, maar dit vereis ook ‘n oop hand.

Soos Abraham, word jy geseën om ‘n seën te wees. Vra God om jou te wys hoe dit moet lyk — en hoe jy dit moet uitleef — op jou nalatenskapsreis.

Alles behoort aan God. Ons is bestuurders. Alles — ons tyd, talente, hulpbronne en verhoudings — is geskenke van God, en Hy sal ons verantwoordelik hou vir hoe ons dit gebruik. Die Nalatenskapsreis neem jou diep in die Woord van God in, dit wys God se perspektief op rykdom, jou persoonlike en familie nalatenskap, en hoe Hy jou wil gebruik om sy koninkryk uit te brei. Om meer te leer, besoek daveramsey.com/legacy.

Dag 29Dag 31

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy