Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 29 VAN 31

Blymoedige Vrygewigheid

Ek glo dat om te gee, die meeste genot verskaf wat jy uit geld kan kry. Jy kan dinge koop vir jouself of jou gesin, en dit is wonderlik. Daar is egter iets ongelooflik genotvol daaraan om te gee en so in die behoeftes van iemand anders te voorsien. Dit is 'n fantastiese ervaring! Soms wonder ek wie 'n groter seën kry, ek of die een wat die geskenk kry.

Ek vermoed dit is ek!

Paulus het aan die Christene in Korinte gesê dat dit nooit werk of 'n verpligting moet wees nie. Dit behoort ons nie moedeloos te maak nie. Dit moet ons ophef. Ons is geroep om blymoedige gewers te wees! Dis die houding wat God laat glimlag. Hy is tog ook 'n gewer, en ons is na sy beeld geskape.

In die Griekse taal van die Nuwe Testament is die woord vir "blymoedig" verwant aan ons woord "skreeusnaaks." Ons kan dus daarna kyk en sê: "God is lief vir 'n skreeusnaakse gewer." Stel jou voor hoe dit sou lyk wanneer die kollekte op 'n Sondagoggend by die kerk opgeneem word. Almal sal uitbars van die lag terwyl hulle die bordjies aangee!

Dit is snaaks om daaraan te dink, maar dit is 'n akkurate beskrywing van hoe ons geroep word om te gee. Dit is nie 'n beleefde glimlag of 'n effense grinnik nie. As iets skreeusnaaks is, is dit 'n lag uit die maag uit. Dit begin in jou tone en neem net oor. Dit is die soort hupstoot wat ons moet kry om vrygewig te gee.

In teenstelling hiermee sal diegene wat styf vashou aan hulle geld dikwels min kreatiwiteit hê. Hulle het 'n gebrek aan lus vir die lewe, want al hul energie gaan in die beskerming van hul materiële goed. Vrygewigheid bevry jou egter. Dit ontlont Goddelike passie in jou en laat jou toe om jou volle potensiaal te bereik.

Evalueer jou houding teenoor gee. Vra God om jou te bevry sodat jy skreeusnaakse vrygewigheid kan betoon. Om blymoedig te gee, is brandstof vir Die Nalatenskapsreis. Wanneer alles misluk, wen vrygewigheid. Jy kan nie verloor as jy kies om vrygewig te wees nie.

As jy eers gereed is om waarlik te gee, verg dit beplanning en oorleg om bemagtig te wees om ten volle te gee. Die Nalatenskapsreis sal jou leer om gebalanseerd te gee en jou 'n standvastige plan gee wat jou sal help om 'n vrygewige lewe te begin leef. Leer nog meer by daveramsey.com/legacy.

Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy