Die NalatenskapsreisVoorbeeld
Nalatenskap oor Geslagte
Nalatenskappe wat jou oorleef, gaan nie oor materialisme nie. Hulle gaan nie oor die opbou van rykdom vir jou eie voordeel of om rykdom te skep, sodat jou kinders nooit weer hoef te werk nie. Hulle gaan oor 'n bestendige, lewenslange proses en om jou kinders te leer om geld op God se manier te bestuur, want dit is jou gesin se roeping.
Belangriker nog, is die feit dit Bybels is om rykdom oor geslagte vir God se werk na te laat. Die Bybel bied verskeie voorbeelde van gesinne wat rykdom tot eer van God gebou en bestuur het.
Die Bybel sê byvoorbeeld dat Dawid 'n man na God se eie hart was, en een van sy grootste begeertes was om 'n tempel vir God in Jerusalem te bou. Die Here het egter besluit dat Salomo, Dawid se seun, dit sou bou.
Wat het Dawid dus gedoen? In 1 Kronieke 29 word vertel dat hy sy persoonlike rykdom — 'n enorme fortuin — aan Salomo vir die tempelprojek nagelaat het. Trouens, een ekonoom het beraam dat Dawid se nalatenskap ten minste R210 miljard in vandag se geldwaarde was.
Soms dink ons aan Dawid as 'n herder met 'n harp of 'n jong soldaat met 'n slingervel. Dawid, die koning was 'n miljardêr! Hy was die Bill Gates of die Warren Buffet van sy dag. Hy het daardie rykdom aan sy seun nagelaat, wat daardie geld gebruik het om 'n tempel te bou wat die wêreld na God sou wys!
Dit is hoe dit veronderstel is om te werk. Erflatings oor geslagte heen, vra van gesinne om geld nou, en in die toekoms, tot eer van God te bestuur. Die verantwoordelikheid sterf nie saam met die hoof van die huishouding nie; dit word nagelaat vir die volgende geslag.
Dit vereis 'n ander vlak van rentmeesterskap — 'n vlak wat die koninkryk van God van geslag tot geslag uitbrei. Begin met die beplanning van hoe jy die oorhandiging in jou gesin sal uitvoer en begin om jou gesinslede voor te berei vir daardie nalating. Dit is deel van jou verantwoordelikheid as jy 'n nalatenskap gaan bou wat jou gaan oorleef.
Die opbou van 'n erflating oor geslagte heen, verg beplanning en voorbereiding. Die Nalatenskapsreis gee jou 'n beter begrip van beleggings, basiese boedelbeplanning, die beveiliging van jou gesin, en die ontdekking van die sleutels tot rykdom oor geslagte en ware vrygewigheid. Vir meer inligting, besoek daveramsey.com/legacy.
Aangaande hierdie leesplan
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.
More