Die NalatenskapsreisVoorbeeld
Ouerlike Nalatenskap
In Lukas 9 het Jesus 'n man geroep om Hom "te volg". Toe die man egter toestemming vra om eers sy vader te begrawe, het Jesus nee gesê.
Ek het lank nie verstaan waarom Jesus dit sou sê nie. Wat is die groot probleem nou eintlik om die man toe te laat om na sy pa se begrafnis toe te gaan? Oor die jare het ek baie preke oor hierdie verhaal gehoor, en ek het baie kommentare met verskillende idees gelees. Een van die interessantste verklarings kom van die finansiële kenner, Larry Burkett.
Volgens Burkett, kan jy nie Jesus se woorde verstaan voordat jy verstaan dat Joodse mense 'n baie sterk verband tussen geld en die lewe sien nie. "Sterwend" sou moontlik beteken het dat sy pa aftree-ouderdom bereik het en nie meer 'n inkomste het nie. Op daardie stadium sou die oudste seun die familie se finansies oorneem en bestuur, alhoewel sy ouers nog leef.
Toe die man dus sê dat hy sy vader moes gaan begrawe, het hy dalk gesê: "Laat my gaan om vir my bejaarde ouers te sorg en my erfenis te kry. Dan sal ek jou dalk oor 'n paar jaar volg."
Geleerdes mag dalk verskil oor wat hierdie gedeelte beteken, maar ek weet een ding: as ek geweet het dat ek my rykdom aan my kinders gaan nalaat, jare voor ek sterf en dat my goue jare van hul vermoë om geld te hanteer afhanklik was, sou ek seker maak dat hulle finansiële genieë word!
Dis eintlik hoe ons ons kinders moet leer hoe om geld te bestuur. Die beste manier om jou nalatenskap te beskerm, is om jou kinders van 'n jong ouderdom af oor finansies te leer.
In Deuteronomium 6, het Moses die Israeliete uitgedaag om God se waarhede by hul kinders in te skerp, by elke geleentheid wat hulle gehad het — oggend, middag en aand. Moses het verstaan dat ouers die primêre mentors van hul kinders in alle areas van die lewe is, insluitende die bestuur van geld.
Dit is vandag nog waar. Leer dus jou kinders om geld op God se manier te hanteer — asof jou lewe daarvan afhang.
Dit is nooit te vroeg om jou kinders oor geld te leer nie. "Generation Change" is 'n reeks Bybelstudies wat ontwerp is om jou tieners 'n sterk Bybelse basis vir die lewe en geldbestuur te gee. Vir meer inligting, besoek daveramsey.com/gc.
Aangaande hierdie leesplan
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.
More