Die NalatenskapsreisVoorbeeld
Jou hele Hart
Ek het eendag ‘n praatjie van die besigheidsdenker, Simon Sinek, gehoor wat ‘n diep indruk op my gemaak het oor die manier hoe ek aan loopbane dink. In die praatjie het Sinek gesê dat mense en besighede sukses behaal wanneer hulle hul doel verstaan. Dié wat verby die "wat" en "hoe" kyk, kom by die "hoekom" uit — en dit is wat die verskil maak.
As voorbeeld het Sinek verwys na Samuel Pierpoint Langley. In die vroeë 1900's het die federale regering vir Langley $50,000 (ongeveer R870 000) gegee om die eerste vliegtuig te bou. Hy het al die beste mense en materiaal tot sy beskikking gehad. Daar was selfs koerante wat sy elke beweging gevolg het. Maar op die ou end het hy misluk.
Hoekom? Hy het nie die passie gehad nie. Hy het dit nie gesien as ‘n hoër roeping nie. Vir hom was dit net ‘n werk — ‘n kans vir roem en rykdom.
In teenstelling hiermee, het Orville and Wilbur Wright min geld of ondersteuning gehad. Hulle het geen universiteitsopleiding gehad nie en moes staatmaak op dit wat hulle in ‘n fietswinkel geleer het. Elke dag het hulle misluk. Elke dag het hulle herstelwerk gedoen en weer probeer. Hulle het geweier om op te gee en hulle harde werk het uiteindelik in Desember 1907 vrug opgelewer met ‘n 12-sekonde vlug wat 36,6 meter gedek het.
Die Wright-broers het sukses behaal waar Langley gefaal het. Hoekom? Hulle het ‘n passie gehad — ‘n hoër roeping. Hulle het geweet dat hulle aan iets groter as hulself gewerk het.
As Christene is ons ook geroep om vir ‘n hoër roeping te werk. Paulus definieer dit in Kolossense 3:23. Uiteindelik werk ons vir God, nie vir ‘n mens nie. Hierdie waarheid moet die manier verander waarop ons ons loopbane benader.
Soos die Wright-broers, sal jy ook op jou nalatenskapsreis voor ‘n verskeidenheid uitdagings te staan kom. Moet egter nooit gaan lê sonder om te veg nie! Wat jy ook al doen, werk daaraan met elke stukkie energie en passie wat jy in jou het. As jy dít doen, sal jy jou doel bereik, en boonop ook jou werkgewer tevrede stel.
Belangriker as dit, is dat jy jou hemelse Vader sal laat glimlag.
Het jy meer inspirasie nodig? Die Legacy Journey dek 'n doelgerigte lewe, hoe om jou talente te bemeester en hoe om vrygewig te lewe. Om meer te leer, besoek daveramsey.com/legacy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.
More