Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 17 VAN 31

Dit Is Goed Om Te Werk

My ouma het altyd gesê: “Daar is ‘n goeie plek om heen te gaan as jy bankrot is: gaan werk! Dit is ‘n veilige geldmaakskema!”

Ons mag dalk vandag ‘n bietjie lag oor Ouma se wysheid, maar die regte begrip oor werk is baie belangrik vir jou sukses op Die Nalatenskapsreis. Ongelukkig is daar nie veel van daardie begrip in ons kultuur te sien nie. Baie mense — insluitend sommige in die kerk — sien werk as ‘n straf eerder as ‘n seën. Hulle dink dit is iets waarmee God na vore gekom het in antwoord op Adam en Eva se sonde, so dit kan nie ‘n goeie ding wees nie.

Dit is glad nie hoe die verhaal in die Bybel verloop nie. As jy mooi kyk, sal jy sien dat God die mensdom aan die werk gesit het voor sonde in die wêreld gekom het. In Genesis 2:15 het God vir Adam die eerste batebestuurder in die geskiedenis gemaak. Die Here het hierdie wonderlike tuin geskep en vir Adam die taak gegee om die tuin te versorg.

Die lank en kort hiervan is dat God vir Adam aan die werk gesit het — nie as ‘n straf of as ‘n vloek nie, maar omdat werk ‘n goeie ding was (en steeds is)!

Ek sal erken dat daar niks erger is as werk wat geen betekenis het nie. Dit word W-E-R-K genoem en dit dreineer elke druppel lewe uit jou uit. Ek sê altyd vir my spanlede, as hulle hul passie vir hul werk verloor het, is dit waarskynlik God se manier om vir hulle te sê dat dit tyd is om aan te beweeg na die volgende avontuur. Ek sal nie vir hulle kwaad wees nie, maar dit is nie regverdig teenoor hulle, of teenoor my, om aan te hou net om ‘n salaris te kry nie.

God het jou gemaak om te werk. Hy het jou gemaak om jou passie na te streef en om ‘n verskil in die wêreld te maak deur wat jy doen. Hy het jou so aanmekaar gesit dat jy bevrediging sal vind in die werk wat werklik saakmaak. As jy nog nooit só oor werk gedink het nie, verander dan nou jou perspektief. Dank God vir die werk wat Hy jou toelaat om te doen en doen altyd jou beste tot sy eer.

Ongeag van wat die samelewing sê, werk is goed! En om die wêreld te verander deur jou droomberoep, bevorder die hartklop van Die Nalatenskapsreis.

Is jy gereed om jou reis te begin met werk wat werklik saakmaak? Die Nalatenskasreis dek temas oor 'n doelgerigte lewe, hoe om jou talente te bemeester en hoe om vrygewig te lewe. Om meer te leer, besoek daveramsey.com/legacy.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy