Die NalatenskapsreisVoorbeeld

The Legacy Journey

DAG 14 VAN 31

Vind Jou Skat

In “Thou Shall Prosper”, gebruik Rabbi Daniel Lapin pragtige beeldspraak om ‘n gebalanseede lewe van tevredenheid te illustreer. Hy verwys na Joodse families wat elke Sabbataand bymekaar kom om die Habdalah te vier, wat die einde van die Sabbat aandui, en hulself dan voorberei vir die komende week.

Gedurende hierdie diens skink ‘n familielid wyn in ‘n koppie wat op ‘n piering staan. Soos die koppie vol raak en oorloop, vul die wyn ook die piering. Die idee is dat, terwyl ek omsien na die behoeftes van my eie gesin (die vul van die koppie), ek ook daarop fokus om iets te laat oorloop om ander mee te seën.

Dit is hoe ons veronderstel is om dinge te doen. Die Bybel stel dit duidelik dat ons geroepe is om eers na die behoeftes van ons gesinne om te sien (1 Timoteus 5:8). Ons moet egter ook sensitief wees vir maniere waarop ons ander kan dien. Solank as wat dít ons houding is, is dit makliker om tevrede te wees met dit wat aan ons gegee is.

Aangesien geen hoeveelheid geld heilig of onheilig is nie, is dit goed om jou koppie te vul — om rykdom op te bou en mooi dinge te besit. Maar my raad aan mense is altyd om te bid oor wat dit behels om hul eie koppie te vul. Jou koppie is nie ‘n swembad nie, maar dit is ook nie ‘n vingerhoed nie. Jy het weer eens ‘n gebalanseerde perspektief nodig.

As jy al jou hulpbronne net aan jouself toewy, gaan jou hart net om jouself draai. As jy net daarop gefokus is om dinge op te gaar en nooit enigiets op jou gesin te spandeer nie, gaan jy ‘n gierigaard word. Jy moet na jou motiewe kyk.

Dit was Jesus se standpunt in Lukas 12:34. Wanneer Hy praat oor ‘n volwasse houding ten opsigte van geld, sê Hy ons moet versigtig wees oor waar ons skatte is, want ons harte sal die pad daarheen volg.

Laat die Habdalah jou daaraan herinner om te beplan om iets vir ander oor te hê. Weerspieël so God se karakter as ‘n Gewer, deur jou hart en jou besittings in die regte balans te hou. Dit bring tevredenheid en dit sal jou goed te pas kom op jou nalatenskapsreis.

Ware vrygewigheid weerspieël God se roeping in ons lewens, maar dit vereis beplanning om na die beste van jou vermoë te kan gee. Die Nalatenskapsreis sal jou help om die regte hoeveelheid te gee en ook ‘n goeie plan voorstel wat jou sal help op jou pad na ‘n vrygewige lewe. Leer meer by daveramsey.com/legacy.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

The Legacy Journey

Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.

More

Ons dank gaan aan Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: daveramsey.com/legacy