Die NalatenskapsreisVoorbeeld
Tevrede in Alles
Wanneer dit by geld kom, het ons drie lense waardeur ons kan kyk na wat ons het. Twee van hulle is ongesond — selfs skadelik. Die derde verteenwoordig die regte benadering tot dit wat God aan ons gegee het.
Een manier waarop ons kan kies om na rykdom te kyk, is deur ‘n gees van trots, wat sê dat alles wat ek het deur my eie toedoen is. My harde werk het dit moontlik gemaak. Ek het met hierdie een gesukkel, want ek slaan harde werk en selfstandigheid hoog aan, maar die gees van trots het niks te doen met God se Gees nie.
Ons kan ook na rykdom kyk met ‘n gees van armoede. Hierdie gees sê dat alles wat ek het, boos is, want dit kom van die duiwel af. Dit floreer deur skuldgevoelens en skaamte, en dit vier hoogty in ons kultuur — selfs binne-in die kerk. Die gees van armoede bied egter net nog ‘n verdraaide siening van ons hulpbronne.
Die gesonde, Bybelse siening van rykdom is die gees van dankbaarheid. Hierdie gees erken dat alles wat ons het van God af kom en dat Hy van ons verwag om dit tot sy eer te gebruik. Dankbaarheid por my aan om my stamboom te verander en om ‘n verskil in die wêreld te maak.
Ek dink Paulus verstaan die gees van dankbaarheid. Om die waarheid te sê, ek glo hy het dit so gekoester dat hy tevredenheid in elke situasie kon ervaar. In Filippense 4:11 sê hy dat hy geleer het hoe om tevrede te wees, ongeag sy omstandighede. Dit klink werklik goed, maar die feit dat hy dit vanuit ‘n tronksel geskryf het, herinner ons daaraan dat dit vir Paulus nie net ‘n teorie was nie. Hy het dit uitgeleef.
Om in alle omstandighede tevrede te wees, is nie maklik nie, maar om die gees van dankbaarheid te kweek, kan ‘n groot verskil in jou lewe maak. As jy 'n tekort aan tevredenheid het, kyk ‘n bietjie of jy dalk ook te kort skiet aan dankbaarheid. Die twee gaan hand-aan-hand, want Die Nalatenskapsreis is ‘n pad van tevredenheid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geldbestuur en besigheid. Na sy eie bankrotskap op die ouderdom van 30, het Dave begin leer hoe God wil hê dat geld bestuur moet word. Dave wy homself nou daaraan toe om ander te leer hoe om beheer oor hulle geld te neem, sodat hulle kan lewe en gee soos nog nooit tevore nie. Oor die volgende 31 dae, sal Dave jou lei deur wat die Bybel oor geld en rykdom te sê het en hoe om so te lewe dat jy ‘n nalatenskap sal agterlaat vir die geslagte wat volg.
More