Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld
Geloof Gemeng Met Twyfel
Toe my goeie vriendin Sharon in 'n motorongeluk dood is, het my hart gebreek. Ek is skaam om dit te erken, maar wanneer die lewe se omstandighede so seermaak, word my geloof dikwels met twyfel vermeng. Toe Sharon gesterf het, het ek met hierdie vrae na God toe uitgeroep:
"Here, ek verstaan U nie. Waarom het U hierdie dood toegelaat?" "Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, ... Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik" (JESAJA 40:28). "My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie" (55:8).
"Here, U gaan my verstand te bowe. Maar ek wonder nog steeds, het U u rug op die wêreld gedraai?" "God is koning oor die nasies, God is op sy heilige troon" (Psalm 47:9) en "wat ewig heers deur sy mag" (Psalm 66:7).
"Here, ek glo U regeer hierdie wêreld, maar gee U om vir die pyn? Het U vergeet om goed te wees?" Ek is "goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp" (Psalm 86:5).
Ja, Here, U was goed vir my op ontelbare maniere, insluitend om na my twyfel en vrae oor U te luister.
Die antwoorde wat God vir ons in sy Woord gee, neem dalk nie ons hartseer weg nie, maar ons kan altyd rus vind in die waarheid dat Hy wys, soewerein en goed is. – Anne Cetas
Elke verlies laat 'n leë ruimte wat net God se teenwoordigheid kan vul.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
More
We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app