Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld
Terreur Of Vertroue?
'n Skielike rukwind, met naastenby die krag van 'n orkaan, het deur die tregter-agtige klowe bokant die meer van Tiberias, sowat 208 meter onder seevlak, gevee. Groot golwe het in die skuit geslaan en gedreig om dit te laat sink.
Vreesbevange het Jesus se dissipels Hom wakker gemaak. Hoe kon Hy slaap deur die skreeuende winde en storm wat skepe kan omgooi? (Jesus het geslaap omdat Hy uitgeput was na 'n dag van strawwe bediening.) "Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?" het hulle geskreeu (Markus 4:38).
Jesus het kalm opgestaan en die woedende storm beveel om op te hou. Toe, te midde van die kalmte en die duisternis, het Hy twee vrae vir sy dissipels, wat met ontsag na Hom gekyk het, gevra: "Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?" (4:40).
Terwyl ons deur die see van die lewe reis, kan skrikwekkende stormwinde dreig om ons te oorweldig. Siekte, verlies en gevaar kan ons sonder ophou teister. In ons angs kan ons uitroep na ons skynbaar onverskillige Here: "Gee U nie om vir ons probleme nie?" En Christus, heeltemal in beheer van elke omstandigheid, bestraf ons saggies en liefdevol omdat ons nie geloof het nie. Hy moedig ons aan om sy almagtige en alwyse soewereiniteit te vertrou. Wanneer God met ons is, is ons veilig vir tyd en alle ewigheid. – Vernon Grounds
Dis beter om deur 'n storm saam met Christus te gaan as om gemaklik, sonder Hom voort te gaan.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
More
We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app