Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld
Is Dit Tyd Om Te Bid?
Wanneer mense voor beproewinge te staan kom, wend hulle hul dikwels tot gebed slegs as 'n laaste uitweg. Ek het 'n man geken wat 'n dapper stryd teen kanker gevoer het. Soos mense die geleidelike uitwerking op sy liggaam en lewenstyl waargeneem het, het een persoon gesê: "Wel, hulle het nou al alles probeer. Ek reken dit is nou tyd om te begin bid."
'n Ander man het deur 'n uiters moeilike tyd by die werk gegaan. Dit was 'n krisis van groot afmetings wat onheilspellende implikasies vir hom en vir die toekoms van sy maatskappy gehad het. Hy kon dit net nie oplos nie. Uiteindelik het hy gesê: "Ek het alles probeer wat ek kon om deur hierdie situasie te kom en niks het gewerk nie. Dit is tyd om te begin bid."
In albei hierdie gevalle is gebed gesien as 'n laaste-uitweg poging om die probleem op te los. Eers nadat alle ander opsies uitgeskakel is, het die persoon besluit om te bid. Dit was 'n desperate "gryp na strooihalms."
In plaas daarvan dat gebed 'n laaste uitweg is, moet dit een van die eerste dinge wees wat ons doen. Die Here verhoor gebede, en Hy wil hê dat ons voortdurend na Hom toe moet kom met al ons behoeftes (1 Tessalonisense 5:17). Die Bybel sê vir ons: "moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend" (Filippense 4:6).
Moet dus nie wag nie. Dit is altyd tyd om te bid. — Dave Egner
Gebed moet ons eerste reaksie wees eerder as ons laaste uitweg.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
More
We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app