Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

DAG 16 VAN 20

Ons Gebedsvennoot

My seun Brian het vir 'n paar uur gesukkel om die pypwerk in sy badkamer te herstel. Ongeag wat hy probeer het, het dit gelyk of niks werk nie. Sy vier-jarige seun, J.D., het sy pa dopgehou en wou help, maar het nie geweet wat om te doen nie. Brian was op die punt om nog eenkeer te probeer, maar voordat hy dit gedoen het, het hy na J.D. gekyk en gesê, "Bid asseblief."

Die seun het nie geweet wat om te sê nie, en daarom het hy met sy gewone aandgebed begin: "Liewe Vader, seën pa, seën ma, seën Sarah, seën Julia. Amen." Brian het weer probeer om die probleem op te los – hierdie keer het hy daarin geslaag.

Dikwels voel ons soos JD, ons weet nie watter woorde om te uiter nie. Maar ons kom steeds na God toe met ons behoefte, want ons vertroue lê nie in onsself of in ons voorbidding nie, maar in die Heilige Gees. Hy hoor en ken ons harte, maar Hy hoor en ken ook die hart van God die Vader. George MacDonald het geskryf: "Vader, ... kyk diep, nog dieper, in my hart, en daar, ver bokant dit wat ek ken, lees U hierdie gebed."

God se Gees neem ons onvoldoende gebede, blaas die Vader se wil in hulle in en verander dit in betekenisvolle versoeke (Romeine 8:26). Alhoewel ons dalk nie kry wat ons gedink het ons wil hê nie, sal ons God se beste ontvang, want ons Gebedsvennoot ken ons diepste behoeftes. — David Roper

God hoor meer as woorde — Hy luister na die hart.
Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

More

We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app