Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld
Hou Aan Praat Oor Jesus
Pastoor Eloy Pacheco het by 'n begrafnis van 'n gelowige gesê dat Jesus die enigste blywende bron van vertroosting is. Daarna het 'n vrou vir hom gesê: "Julle predikers is almal dieselfde. Al waaroor julle praat, is Jesus, Jesus, Jesus!"
"Dis waar," het hy vriendelik geantwoord.
"Wat se troos het jy om vir die bedroefde familie aan te bied?"
Sy was vir 'n paar oomblikke sprakeloos, en toe sê sy, "Jy is reg. Ten minste het jy Jesus."
Vroeër of later sal iemand wat vir ons kosbaar is, sterf, en ons sal vertroos wil word. 'n Drukkie, 'n vriendelike daad, gedeelde trane, en die teenwoordigheid van 'n vriend, kan hartseer se pyn 'n bietjie verlig. Hierdie gebare sal egter nie ons dringendste vrae beantwoord nie: Wat is ander kant die graf? Waar is die persoon nou? Sal ons in die hemel herenig word? Hoe kan ek die versekering van ewige lewe hê?
Vir die antwoorde op hierdie vrae moet ons na Jesus Christus kyk. Hy is die Een wat die sonde en die dood oorwin het deur vir ons aan die kruis te sterf en uit die graf op te staan (1 Korintiërs 15:1-28,57). Omdat Hy lewe, sal almal wat hulle geloof in Hom stel, vir ewig saam met Hom lewe (Johannes 11:25).
Wanneer 'n gelowige in Christus sterf, kan ons wat agterbly, vertroosting en vertroue in Hom vind. Kom ons praat dus oor Jesus. — Dennis de Haan
In lewe en in dood, is ons enigste hoop Jesus.

Aangaande hierdie leesplan
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
More
We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app