Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

DAG 17 VAN 20

'n Gelukkige Lewe

Cornelia Dobner was 90 toe sy gesterf het en na haar tuiste in die hemel gegaan het. Haar lewe is gekenmerk deur harde werk, selfopoffering vir haar familie en lojaliteit aan God en haar man.

Kort na die begrafnis het twee van haar agterkleindogters hul gevoelens in woorde omgesit deur notas aan haar te skryf. Een van hulle, in die duidelike blokletters van 'n ses-jarige, het geskryf: "Ek hoop jy het 'n gelukkige lewe in die hemel."
Daardie kind se hoop vir haar oumagrootjie is 'n onbetwiste sekerheid vir elke volgeling van Christus wat sterf. Die Bybel beskryf ons ewige tuiste as 'n plek waar daar nie meer lyding, droefheid, trane, pyn, onreinheid, siekte of boosheid is nie (OPENBARING 21:4,27). Dit vertel ons ook wat daar is: die Lam (Jesus), die verlostes, die rivier van die lewe, die troon van God, die boom van die lewe, die lig van God (OPENBARING 21:22; 22:1-5).

Jesus het gesê dat Hy sal gaan en vir ons 'n plek voorberei (Johannes 14:1-3). Die apostel Paulus het dit ook beskryf as die plek waar "ons altyd by die Here sal wees" (1 TESSALONISENSE 4:17). As dit nie geluk is nie, wat is?

Ja, soos Cornelia Dobner, kan elke gelowige in Jesus uitsien na "'n gelukkige lewe in die hemel." — Dave Egner

Om by Jesus te wees, is die som van alle geluk.
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

More

We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app