Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

DAG 15 VAN 20

Harte en Sterre

Sterrekundiges het Australië se grootste optiese teleskoop gebruik om 100 000 sterrestelsels te karteer, wat ons eie sterrestelsel, die Melkweg, omring. Die driedimensionele kaart dek vyf persent van die hemelruim en laat ons toe om vier miljard ligjare in die ruimte in te sien. Die aantal sterre wat ingesluit is, is ver bokant ons verbeelding, maar nie die kennis van God nie.

Hoe wonderlik om te lees, "Hy besluit oor die getal van die sterre en gee elkeen 'n naam. Ons Here is groot en magtig, sy kennis is onbegrens." (PSALM 147:4-5).

Nog meer verbasend egter is die psalmis se bevestiging dat God, wat baie groter is as die heelal wat Hy geskep het, omgee vir ons smarte. In plaas daarvan om ver van ons af en afsydig te wees, is Hy na aan sy eie, met liefde en genade. "Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde," het die psalmis geskryf. "Die Here laat die hulpeloses weer opstaan, maar die goddeloses verneder Hy tot in die grond." (147:3,6).

Jesus Christus, die skepper van die sterrestelsels, het ons planeet besoek om die boete vir ons sonde te betaal en die weg oop te maak vir vriendskap en gemeenskap met Hom. Vandag staan Hy gereed om genesing en heilsaamheid vir ons diepgewonde gees te bring. Van die benoeming van sterre tot genesing van harte, is niks te moeilik vir God nie. – David McCasland

In die skepping sien ons God se hand; in verlossing sien ons sy hart.
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

More

We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app