Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld
Die Reënboog En Die Kruis
'n Bestendige reën het geval. In die ooste het weerlig krag by die donker, woedende wolke gevoeg. In die weste het die son helder geskyn. Teen die agtergrond van 'n onheilspellende hemelruim was die kleurvolste reënboog wat ek nog ooit gesien het. Die aarde se Skepper het vir 'n paar kort oomblikke gefluister deur die sagte gloed van daardie boog. Maar het mense geluister? Het hulle sy boodskap van genade gehoor? Daardie reënboog het God se belofte weerspieël dat Hy nooit weer die goddeloosheid van die aarde met 'n vloed sou oordeel nie.
Nog 'n simbool praat ook van genade. Dit is 'n rof-gekapte kruis, wat se skaduwee oor die ganse geskiedenis gewerp word teen die agtergrond van menslike sonde. Dit belowe dat God se toorn nooit sal val op diegene wat Christus as hulle Verlosser vertrou nie. Jesus self het sy volle krag namens ons gedra. Die reënboog en die kruis praat albei in stilte van God se liefde.
Wat daarvan as ons dit verwerp? God gee ons die vryheid. Daar is geen ander simbole van genade nie, geen ander verbonde nie. God het alles wat Hy kon gedoen om ons vrywillige getrouheid te wen.
As jy Hom nie ken nie, laat Hom jou wen met sy goedheid en liefdevolle selfbeheersing. Kyk na Golgota, waar Hy self die verskriklike gevolge van jou sonde en myne in die persoon van Christus gedra het. — Dennis de Haan
Geloof is nie net om te glo dat Jesus kan red nie; dit is om Hom te vra om dit te doen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
More
We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app