Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

DAG 11 VAN 20

Genesing Uit Die Hemel

Thomas Moore (1779–1852) was 'n Ierse liedjieskrywer, sanger en digter. Sy talente het vir baie mense wat hom sien optree het of wat sy musiek gesing het, vreugde verskaf. Tragies egter was sy persoonlike lewe gekwel deur herhaaldelike hartseer, insluitende die dood van al vyf sy kinders gedurende sy leeftyd. Moore se persoonlike wonde maak hierdie woorde van hom baie meer betekenisvol: "Bring jul gewonde harte hier, vertel hier van jul angs; die aarde het geen droefheid wat die hemel nie kan genees nie." Hierdie roerende stelling herinner ons daaraan dat die ontmoeting met God in gebed genesing vir die onrustige siel kan bring.

Die apostel Paulus het ook gesien hoe ons hemelse Vader vertroosting aan 'n hart vol pyn kan bring. Aan die gelowiges in Korinte het hy geskryf: "Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking," (2 Korinthiërs 1:3-4 AFR53). Soms kan ons egter so behep wees met 'n innerlike droefheid dat ons onsself isoleer van die Een wat vertroosting kan bied. Ons moet onsself daaraan herinner dat God se vertroosting en genesing deur gebed kom.

Wanneer ons ons Vader vertrou, sal ons vrede en die begin van genesing vir ons gewonde harte beleef. Want werklik, "daar is geen droefheid op aarde wat die hemel nie kan genees nie." – Dennis Fisher

Gebed is die grond waarin hoop en genesing die beste groei.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

More

We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app