Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld
'n Plek Vir Droefheid
Die Viëtnam Veteranegedenkteken is in 1982 ingewy. In die eerste 15 jaar was daar 54 000 items by die Muur gelaat. Dit neem steeds byna 'n uur elke aand, en baie langer op Gedenkdag, om al die aandenkings te versamel — 'n teddiebeer, 'n foto van 'n soldaat se kleinkind, 'n brief van 'n dogter wat nooit haar pa geken het nie.
Elke item word gemerk en na 'n stoor geneem. Niemand weet hoe om dit alles te hanteer nie. "Niemand het ooit verwag dat dit sou gebeur nie," sê 'n parkopsigter. "Dit is so persoonlik. Dit het almal onverwags betrap."
Verlies tref ons almal, en ons dra dikwels ons hartseer vir baie jare. Ons worstel met ons emosies. Is daar 'n plek waar ons ons droefheid kan gaan los en genesing vir die wonde van die lewe kan vind?
Jesaja 53 praat van die Messias as die Een wat "ons krankhede op Hom geneem het en ons smarte, dié het Hy gedra ... deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom" (53:4-5 AFR53). Wanneer ons Jesus Christus as ons Verlosser van sonde ontvang, leer ons Hom ook ken as die Een wat die gewig van hartseer van ons skouers kan afneem.
Ons kan ons droefheid na die Man van smarte toe bring. Daar is hulp, genesing en afsluiting by die kruis vir die diepste pyn van ons harte. – David McCasland
As jy Jesus ken, sal jy nooit alleen loop nie.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
More
We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app