Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld
'n Lewe Wat Onthou Word
"Pappa, help my." Dit was die laaste woorde wat Dianne en Gary Cronin hul dogter hoor sê het terwyl sy gesukkel het om asem te haal. Kristin, 14 jaar oud, het skielik gesterf – net twee dae nadat sy gesê het sy voel nie goed nie. 'n Strepinfeksie het Donderdag haar liggaam aangeval. Saterdag het sy haar pa gesmeek om haar te help.
Voordat Kristin gesterf het, was ek geskeduleer om by haar gesin se kerk in Soldotna, Alaska, te praat. Met God se tydsberekening het ek die dag ná haar begrafnis voor die gemeente gestaan.
Kristin was een van daardie lewenslustige tieners wat vir Jesus lief was, en vir Hom geleef het – en wie se skielike dood ons met 'n miljoen vrae gelaat het.
Omdat ek 'n paar jaar gelede deur 'n soortgelyke verlies van my eie tienerdogter gegaan het, kon ek raad gee aan hierdie stomgeslaande en bedroefde kerk. Eerstens, het ek gesê, moet ons God se soewereiniteit erken. Psalm 139:16 herinner ons daaraan dat Kristin se lewe die presiese lengte was wat God in gedagte gehad het. Tweedens het ek die kerk gevra om nooit haar gesin te vergeet nie.
Of dit nou twee maande of vyf jaar later is, die gesin sal nooit "oor" die verlies van Kristin kom nie. Hulle sal altyd Christene nodig hê wat omgee en onthou.
Moet nooit vergeet dat God in beheer is in tye soos hierdie nie, en dat Hy wil hê dat ons 'n troos vir ander moet wees. – Dave Branon
In elke woestyn van wanhoop het God 'n oase van vertroosting.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
More
We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app