Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies Voorbeeld

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

DAG 5 VAN 20

Wanneer Dit Moeilik Is Om Te Bid

Die Bybel sê vir ons dat God ons elke gedagte en elke woord op ons tong ken (Psalm 139:1-4). En wanneer ons nie weet waarvoor om te bid nie, staan die Heilige Gees ons by, "... maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie" (ROMEINE 8:26).

Hierdie Bybelse waarhede verseker ons dat ons kommunikasie met God kan hê, selfs sonder om 'n woord te spreek, omdat Hy die bedoelings en begeertes van ons hart ken. Wat 'n vertroosting wanneer ons verward of erg benoud is! Ons hoef nie bekommerd te wees as ons nie die woorde kan vind om ons gedagtes en gevoelens uit te druk nie. Ons hoef nie skaam te voel as ons sinne soms onvoltooid is nie. God weet wat ons wou sê. Ons hoef nie skuldig te voel as ons gedagtes dwaal en ons sukkel om ons gedagtes op die Here gefokus te hou nie.

En vir wat dit saak maak, hoef ons nie bekommerd te wees oor 'n behoorlike houding in gebed nie. As ons ouer word of rumatiek het en nie kan kniel nie, is dit ook goed. Waarvoor God omgee, is die houding van ons hart.

Wat 'n wonderlike God! Hoe jy ook al struikel en val in jou gebed, Hy hoor jou. Sy hart van oneindige liefde reageer op die behoeftes en emosies van jou eie woordelose hart. Hou dus net aan bid! — Vernon Gronde

Gebed vereis nie welsprekendheid nie, maar opregtheid.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread: Finding Comfort in Times of Loss

Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

More

We would like to thank Our Daily Bread for providing this plan. For more information, please visit: www.odb.org/app