Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

DAG 24 VAN 39

"O God, U is my God, U soek ek;

my siel dors na U,

my vlees smag na U,

in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water"

- Psalm 63:1 (AFR53).

In Johannes 6:35 (AFR53) sê Jesus: “Ek is die brood van die lewe. Wie na my toe kom, sal nooit honger ly nie ...” Al die soeke wat ons in die lewe ervaar – of dit na liefde of aanvaarding is, of om te behoort – vind vervulling in Christus. Ons harte is rusteloos totdat ons in God rus vind (Augustinus). Jesus is die Een wat die honger in ons siele stil, die dors na iets meer. Tydens Lydenstyd, terwyl ons afleidings wegstroop en op Hom fokus, begin ons sien dat Hy al is wat ons nodig het. Hierdie tydperk bied ons die kans om ons lewens rondom Jesus te herfokus, die enigste Een wat in ons diepste behoeftes kan voorsien.

Refleksie: Stel ‘n wekker om vandag 10 minute saam met Jesus te wees, sonder om iets te sê. Bring jou siel tot bedaring by Hom (Psalm 131). Kies ’n gebedswoord wat jy saggies kan bid wanneer jy daarvan bewus raak dat jou gedagtes begin dwaal.

Gebed: Ek vra om genade om U bo alles te soek en U met vertroue en oorgawe te volg.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com