Delf dieper deur RomeineVoorbeeld

Delf dieper deur Romeine

DAG 24 VAN 25

Paulus se Roeping en Reisplanne (Romeine 15:14-33)

Paulus sluit sy boodskap aan die Romeine af met die tiende hoofdeel daarvan wat handel oor sy roeping en reisplanne. In die eerste deel handel Paulus oor sy roeping om Christus aan die heidene te verkondig (15:14-21). In die tweede deel spreek hy die hoop uit om Rome te besoek (15:22-29). In die derde deel vra hy dat hulle vir hom sal bid dat dit goed sal gaan tussen al die ongelowiges in Jerusalem met sy voorgenome besoek daar (15:30-33).

Paulus is geroep om Christus aan die heidene te verkondig (15:14-21)

Let op hoe beskeie Paulus is teenoor die Romeinse gelowiges – hulle is ook self vol goedheid en beskik oor volledige kennis – en half verskoning vra vir sy uitgesprokenheid (anders as met die Korintiërs!), maar tog trots is op die priesterlike bediening, deur woord en daad, deur kragtige tekens en wonders, wat God aan hom toe vertrou het, sodat die heidene, van Jerusalem en omgewing tot by Illirikum in die noorde van Griekeland, 'n aanneemlike offer, geheilig deur krag van die Heilige Gees, kan wees.

Sy roeping is gefundeer in Jesaja se profesie vir die nasies dat: “hulle wat nie van Hom vertel is nie, sal sien, en hulle wat nie gehoor het nie, sal verstaan.” (Jes. 52:15)

Alle lof kom in elk geval God toe wat wonderlike dinge deur sy bediening gedoen het.

Paulus beplan om die kerk in Rome te besoek op pad na Spanje (15:22-29)

In die tweede deel van die tiende hoofdeel van Paulus se boodskap spreek hy die hoop uit om Rome te besoek. Hy wil dit as ’n soort tuisbasis gebruik vir sy droom om ook in Spanje die evangelie te gaan verkondig.

Paulus vra vir gebed vir homself in sy bediening (15:30-33)

In die derde deel van die tiende hoofdeel van Paulus se boodskap vra hy dat hulle vir hom sal bid dat dit goed sal gaan tussen al die ongelowiges in Jerusalem met sy voorgenome besoek daar met die gawes van Macedonië en Agaje in Griekeland, hoewel ons uit die verhaal van Handelinge agterkom dat dinge nie so maklik vir hom uitgewerk het nie.

Hy is uiteindelik na twee jaar in die tronk in Sesarea in boeie na Rome en het ook twee jaar in huisarres daar gespandeer.

Hoewel die Bybelse gegewens niks verder daaroor sê nie, het hy volgens die vroeë kerklike geskiedenis uiteindelik wel in Spanje uitgekom.

Hy sluit sy tiendelige hoofboodskap af met ‘n “Amen!”

Boodskap en betekenis

In die tiende hoofdeel van sy boodskap, bespreek Paulus sy roeping en reisplanne. Hy begin deur sy roeping as ‘n prediker aan die heidene te beklemtoon, met ‘n beskeidenheid teenoor die Romeinse gelowiges en ‘n trots op die priesterdom van sy bediening, wat deur tekens en wonders bevestig is. Sy roeping is gebaseer op Jesaja se profesie oor die nasies wat voorheen nie van God gehoor het nie, maar nou in Christus sal sien en verstaan.

Daarna deel hy sy hoop om die Romeine te besoek as deel van sy reis na Spanje, en vra vir gebede vir die sukses van sy bediening, veral in Jerusalem, waar hy beplan om die geskenke van Macedonië en Agaje af te lewer. Hy sluit af met 'n gebed en die hoop dat sy planne volbring sal word, en dat die gelowiges in Rome sy werk sal ondersteun.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Delf dieper deur Romeine

Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.

More

Ons wil graag Bybelskool.com bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: bybelskool.com