Hoop Op God!Voorbeeld
Behou die sekerheid van hoop tot die einde toe.
Om 'n Christen te wees, beteken om oorlog te voer - 'n oorlog teen geestelike vyande, teen ons eie sondige begeertes, teen versoekings wat deur medemense aan ons voorgehou word, teen moegheid, hopeloosheid en om afvallig te raak. Hierdie lys is demotiverend, en dit is maar net 'n paar van die beproewinge wat gelowiges in die gesig staar. Te midde van dit alles moet ons “aanhou glo en onwrikbaar vas bly staan” (Kolossense 1:23). Hoe kan ons dit doen? Deur “nie die verwagting laat vaar wat in julle gewek is toe julle die Goeie Nuus gehoor het nie.” (selfde vers).
Die kernboodskap van die evangelie moet altyd voor in ons gedagtes wees: God het die wêreld so lief dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Dit is die vaste fondament van ons hoop. As ons hierdie waarhede uit die oog verloor, kan ons nie volhard tot die einde toe nie. Ons sal oorweldig, verward of moedeloos word. Maar as ons “vashou aan die belydenis van ons hoop sonder om te wankel” (Hebreërs 10:23), kan ons in God se krag volhard. Ons kan nie die stryd in ons eie krag wen nie, maar sy krag word volmaak in ons swakheid en ons kan God vertrou om te doen wat Hy belowe het.
Aangaande hierdie leesplan
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org