Hoop Op God!Voorbeeld

Hoop Op God!

DAG 11 VAN 15

Die Heilige Gees vul jou met hoop.

Oor die laaste paar dae is die belangrikheid daarvan beklemtoon om die versekering van hoop te behou, en is jy aangemoedig om dit te doen deur gereeld die Bybel te bestudeer. Maar op die ou end kan ons nie hoop behou deur ons eie pogings nie. Dit is net maniere waardeur die Heilige Gees ons siele voed. Ons hoop hang af van “die God van hoop” en “die krag van die Heilige Gees” (Romeine 15:13). Hy is in staat om ons te red, om ons die krag te gee wat ons nodig het en om ons met vreugde en vrede te vul. Hy doen dit nie spaarsamig nie, maar laat ons “oorvloedig wees in hoop”.

Vreugde en vrede is vrug van die Gees. Jesus het dit duidelik gemaak hoe ons hierdie vrug kan dra: “Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie" (Johannes 15:5). God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees is almal hier betrokke. Saam is hulle die een ware God. As ons 'n hegte verhouding met Hom het, sal Hy ons vul met hoop.

Bly jy in God?

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Op God!

Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org