Hoop Op God!Voorbeeld
Hoop vir die skepping.
Al die Bybelverse wat ons bestudeer het, gaan oor mense wat hulle hoop op God (of op ander dinge) plaas. Maar die Bybel beeld ook die toekoms van die skepping as hoopvol uit. Dit is 'n verfrissende perspektief, aangesien die algemene verwagting deesdae blyk te wees dat ons natuurlike omgewing vinnig agteruitgaan, dat die aarde gebuk gaan onder oorbenutting en klimaatsverandering en vroeër of later sal ineenstort. Hierdie verwagting is heeltemal geregverdig as ons sien wat rondom ons gebeur en ons voorspellings op die huidige verwikkelinge baseer. Maar die Bybel gee ons 'n breër perspektief.
Eerstens wys dit waar natuurrampe en lyding vandaan kom: “die ganse skepping in ’n sinnelose kringloop van aftakeling vasgevang… ons weet immers dat die ganse skepping nog steeds aan die kreun is soos iemand met geboortepyne” (Romeine 8:20-22). Vandat sonde in God se skepping ingekom het, het die skepping die gevolge daarvan gely. Maar wanneer Jesus terugkom, sal dit verander! Wanneer daar nie meer sonde sal wees nie, sal die skepping bevry word van sy slawerny aan misbruik.
Daar is hoop! Nie net vir mense nie, maar vir die hele skepping.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org