Hoop Op God!Voorbeeld

Hoop Op God!

DAG 8 VAN 15

Hoop kan jou teen versoeking beskerm.

In sy briewe aan die Efesiërs en die Tessalonisense vergelyk Paulus lewe in duisternis met lewe in die lig. Om in duisternis te leef beteken om sonder God te leef. Dit lei tot “onvrugbare werke van die duisternis”, soos seksuele onsedelikheid, gierigheid en dwase praatjies. Gelowiges is “kinders van die lig”, hulle “behoort tot die dag”. Dit moet in hul lewens sigbaar wees. Hulle moet wegbly van daardie werke van duisternis en leef volgens God se wil. Maar dit is nie altyd maklik nie, veral as ons deur geestelike duisternis omring word. Ons word dikwels versoek om oneerlik te wees, te lieg, te begeer of om ander onregverdig te behandel. Om hierdie versoekings te oorkom is 'n stryd. Daarom skryf Paulus oor 'n geestelike borswapen en helm. Ons het dit nodig om onsself te verdedig en om sonde te beveg.

Paulus sê dat "die hoop op verlossing" soos 'n helm is. Hierdie hoop gee ons die emosionele krag om onsself tydelike sondige plesier te ontsê, aangesien dit versoekings in perspektief plaas. Aardse dinge is maar vaal in vergelyking met die “heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan” wat God aan sy kinders belowe (2 Korintiërs 4:17).

Hoe verdedig jy jouself teen versoekings?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Op God!

Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://globalrize.org