Die veiligste plekVoorbeeld

Die veiligste plek

DAG 5 VAN 7

SAAM IS ONS STERKER

Een van die mooiste gebede in die Bybel is hierdie hoëpriesterlike gebed in Johannes 17 wat Jesus vir sy dissipels – en vir ons – gebid het. Wat ’n gebed! Soveel intensiteit, soveel helderheid, soveel passie, soveel wysheid!

Een van die dinge wat Jesus ’n paar keer herhaal, is eenheid (v. 21-23). Die duiwel weet as hy kan verdeel, sal hy kan heers. As hy die skape van Jesus se kudde uitmekaar kan jaag, breek hy hulle krag. Daar is mos krag in eenheid. Jesus het besef hoe belangrik eenheid vir sy kinders is, en daarom pleit Hy tot vier keer in hierdie pragtige gebed: "... sodat hulle een kan wees".

Ons moet alles in die stryd werp om die eenheid tussen Christene te bewaar. Die duiwel kom in ons gedagtes, deur die woorde van ander en deur omstandighede, om ons te oortuig dat ons in onvrede en in tweespalt met ander mense moet lewe. Ons moet hierdie strategie van die Satan met alle mag teëstaan. Laat ons ons bes doen om te vergewe en te verstaan en in eenheid met ons mede-Christene te leef.

As ons dit doen, so lei ons af uit Jesus se gebed, sal ’n wonderlike ding gebeur: Die wêreld sal kennis neem dat God vir Jesus na ons toe gestuur het. Eenheid in die liggaam van Christus is iets so wonderliks dat dit mense sal oortuig dat Jesus werklik lewe. Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en geestelike opbou bevorder (Romeine 14:19).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die veiligste plek

Die lewe is nie vir sissies nie. Dit is soms baie hard en gevaarlik. Jan de Wet wil jou daarom herinner dat Jesus ons verseker het dat elke mens, en veral sy kinders, vir God baie kosbaar is. Ons moet dus nie bang wees nie, maar op Hom vertrou. Skep dan moed, Christen! God is by ons en sy liefdevolle sorg is ons veilige hawe.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za