Die veiligste plekVoorbeeld

HEN EN KUIKENS
Jesus stort hartseer sy hart uit wanneer Hy Jerusalem aanspreek. Miskien staan Hy op een van die talle heuwels rondom Jerusalem en kyk af op hierdie pragtige stad. Die Godstad. Sion. Die hoofstad van die volk Israel, God se verbondsvolk. Die hoofstad is mos altyd die hart van ’n volk, die kern wat die gees van ’n nasie simboliseer.
Jesus is hartseer omdat die onheil teen Hom en die koninkryk wat Hy verkondig het in hierdie stad gebroei het. Hy het ’n doodsdreigement ontvang en weet dat daar verwerping, pyn en dood vir Hom wag. Dit is die leiers van die volk uit Jerusalem wat dit aan Hom sal doen. Tog het Hy soveel mense genees, gehelp, bevry en na God toe getrek deur sy liefde. Ten spyte hiervan wil hulle Hom doodmaak.
Hulle het die profete deur die dekades heen doodgemaak. Boodskappers wat God na hulle toe gestuur het, is met klippe doodgegooi. Hulle het teen God gerebelleer en het dit gewys deur God se volgelinge te breek.
Nou gebruik Jesus ’n pragtige beeld: dié van ’n hen wat begeer om haar kuikens veilig onder haar vlerke te bêre, miskien omdat daar ’n roofdier is wat hulle wou verslind of miskien omdat daar ’n dreigende haelstorm was. Só, sê Jesus, wou Hy Jerusalem versamel, beskerm, help, troetel, toevou. Maar hulle wou nie.
Dit wil Hy ook vir my en jou doen. Sy hart breek as ons Hom wegwys, omdat Hy weet wat dan vir ons wag: die roofdier, die storm. Kom ons vlug onder sy vlerke in.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die lewe is nie vir sissies nie. Dit is soms baie hard en gevaarlik. Jan de Wet wil jou daarom herinner dat Jesus ons verseker het dat elke mens, en veral sy kinders, vir God baie kosbaar is. Ons moet dus nie bang wees nie, maar op Hom vertrou. Skep dan moed, Christen! God is by ons en sy liefdevolle sorg is ons veilige hawe.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Voltydse Volharding

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Staan weer op

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
