Die veiligste plekVoorbeeld

Die veiligste plek

DAG 2 VAN 7

JOU HARE

Party van ons se hare word al hoe minder hoe ouer ons word. Ander is geseënd met ’n dik bos hare. Dit is nie regtig vir enigiemand lekker om te besef hulle hare word minder nie. Die mans wat bles word, volg allerhande rate om tog net die uitval van hulle hare te keer. Maar, sê Jesus, God weet van elke haar wat uitval. Al die hare op ons kop is getel. Daarom moet ons nie bang wees nie. Die Here gee aandag aan die kleinste detail. Jesus praat ook van die mossies in die land waar Hy gewoon het.

Hulle is klein voëltjies, maar hulle is almal onder God se oë. In Jesus se tyd is die mossies gevang, doodgemaak en gebraai om geëet te word. Hulle is as lekkernye beskou, soos dit steeds in sommige lande die geval is. Verder is die mossies dikwels verkoop, soos Jesus in hierdie gedeelte aandui as Hy sê dat vyf mossies vir ’n paar sent verkoop word. Al was die mossies eintlik ’n goedkoop versnapering, verseker Jesus sy dissipels dat nie een van hulle vergete is in God se oë nie. Ja, selfs hulle word deur sy liefdevolle sorg in stand gehou.

Jesus impliseer dat elke mens, en veral sy kinders, vir God baie kosbaar is en dat hulle dus nie bang moet wees nie, maar op Hom moet vertrou. Ons is baie meer werd as baie mossies.

Skep dan moed, Christen! God se liefdevolle sorg sal ons nooit teleurstel nie, selfs nie in ons uur van dood nie (Romeine 8:31-39).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die veiligste plek

Die lewe is nie vir sissies nie. Dit is soms baie hard en gevaarlik. Jan de Wet wil jou daarom herinner dat Jesus ons verseker het dat elke mens, en veral sy kinders, vir God baie kosbaar is. Ons moet dus nie bang wees nie, maar op Hom vertrou. Skep dan moed, Christen! God is by ons en sy liefdevolle sorg is ons veilige hawe.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za