Die veiligste plekVoorbeeld

Die veiligste plek

DAG 3 VAN 7

KOM!

Die dissipels was in ’n skuit besig om na die oorkant van die meer te vaar terwyl Jesus nog die mense ná die wonderwerk van die vermeerdering van die brood afgesien het. Nadat Jesus die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om daar te bid. Wat ’n voorbeeld vir my en jou! Nóg ’n gebedstyd ná ’n lang dag. Dit was vir Jesus nie werk nie, maar ’n voorreg om met sy Vader te praat.

Die dissipels was ’n paar kilometer van die kus af toe Jesus skielik teen dagbreek die volgende môre op die see na hulle aangeloop gekom het. Kan jy jou indink hoe groot hulle moes geskrik het! Hier kom ’n man op die water na hulle toe aangestap. Hulle was seker dat dit ’n spook was en hulle het hardop geskree van benoudheid en vrees. Hier was ’n spook na hulle toe op pad, en hulle kon nie eens weghardloop uit die skuit uit nie. Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê dat hulle nie bang moet wees nie omdat dit Hy is. Petrus kon sy ore en oë nie glo nie, en soos altyd het hy ’n bietjie voorbarig gereageer deur te sê: “Here, as dit regtig U is, laat my dan op die water na U toe kom” (Matteus 14:28). Jesus nooi hom om te kom en toe klim hy uit die skuit en begin op die water loop tot naby Jesus.

Skielik raak Petrus bewus van die golwe en die sterk wind en hy word bang. Toe hy bang word, begin hy sink en roep uit dat die Here hom moet red. Jesus het sy hand uitgesteek, hom uit die water gelig en hom toe aangespreek: “Jou geloof is maar bitter klein. Waarom vertrou jy My nie?”

Ons is geneig om Petrus te oordeel omdat hy nie goed genoeg geglo het nie, maar hy het ten minste probeer. Die res het in die skuit bly sit. Hierdie was ’n bonatuurlike ondervinding. Dit roep ons op tot geloof. Reageer op Jesus se woord en hou jou oë op Hom.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die veiligste plek

Die lewe is nie vir sissies nie. Dit is soms baie hard en gevaarlik. Jan de Wet wil jou daarom herinner dat Jesus ons verseker het dat elke mens, en veral sy kinders, vir God baie kosbaar is. Ons moet dus nie bang wees nie, maar op Hom vertrou. Skep dan moed, Christen! God is by ons en sy liefdevolle sorg is ons veilige hawe.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za