Vrede in jou hartVoorbeeld

Vrede in jou hart

DAG 7 VAN 7

God se vrede klink anders

“Joy to the world and peace on earth!” sê ’n seremoniemeester entoesiasties vir almal tydens ’n Kerssang-aand. Toe mompel iemand onderlangs: “As dit vrede is, gee my eerder oorlog.” Nou ja, die wêreld ken nie te veel vrede nie. ’n Onlangse studie in Brittanje het bevind dat die wêreld sedert 2007 ’n toenemend onveiliger plek vir ons almal geword het. Teen die middel van 2014 was daar net 11 lande op die planeet wat gewapende geweld vrygespring het. Minstens 40 ernstige konflikte het in 2017 oor die aarde gewoed.

Tog hoor ons te midde hiervan weer die engele se trefferlied daar bokant Betlehem: “Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mense wat Hy oordadig liefhet.” God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Daarom sing die engele steeds oor God se vrede. Sing en leef dit saam. Vrede wen immers in jou hart.

Hierdie oordenkings is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Vrede in jou hart

God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Stephan Joubert moedig jou aan om hierdie vrede na te streef ten spyte van die lewe se stampe en stote.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za