Vrede in jou hartVoorbeeld

Vrede in jou hart

DAG 2 VAN 7

Nooit uitasem nie

Die lewe is kort. Dit gaan gou verby. Soos sand loop dit blitsvinnig deur die uurglas. Om te weet dat God jou op die naam ken, maak dat jy nie langs jou eie lewenspad uitasem raak nie. Of dat die lewe se stampe en stote al jou hoop steel nie. Om deur die Here geken te wees, maak dat jy enduit aanhou. Dit laat jou leef met vrede in jou hart. Pik Botha se gedig “Berusting” het juis weer vir my nuwe betekenis gekry toe ek hierdie goeie nuus onthou:

So lank ons, ten spyte van die nyd
die droogte en die stof
en die pyn en die wanhoop
Kan bly glo
dat iewers agter die sterre
daar ’n God is wat ons eenmaal
weer deel sal maak van sy vrede en sy liefde
Dan was dit die moeite werd
Om te lewe en te sterwe
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vrede in jou hart

God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Stephan Joubert moedig jou aan om hierdie vrede na te streef ten spyte van die lewe se stampe en stote.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za