Vrede in jou hartVoorbeeld

Vrede in jou hart

DAG 4 VAN 7

Sit ’n wag voor jou emosies

Plaas net iets van enige politikus of “celebrity” wat omstrede dinge sê op sosiale media en dit versprei soos ’n veldbrand. Mense hou van slegte nuus. Dit versprei vinniger as goeie nuus. Die lewe het ons geleer om negatiewe dinge makliker raak te sien en aan te voel as goeie dinge.

Om te keer dat ons lewenslange slagoffers word van sulke negatiwiteit, moet ons die Here dringend vra om ons emosies in sy hemelse wasmasjien te sit. Ons moet Hom vra om al daardie slegte gevoelens behoorlik uit ons binneste te was. Anders maak dit nes in ons koppe en harte. Die Here se vrede moet voortdurend oor ons harte en verstand waghou. Net soos ons moet onthou om ons hand voor ons mond te sit as ons nies of hoes, moet ons onthou om die Here daagliks te vra om ’n wag voor ons emosies te sit. Anders vergiftig ons ons van binne af. Anders steek ons ander mense aan wanneer ons sulke goor emosies uithoes en uitnies. Dit is baie ongesond. Boonop is dit hoogs aansteeklik ook. Systap hierdie virus.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vrede in jou hart

God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Stephan Joubert moedig jou aan om hierdie vrede na te streef ten spyte van die lewe se stampe en stote.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za