Vrede in jou hartVoorbeeld
Raak te-vrede
Zygmunt Bauman (1925-2017) gebruik die term “liquid modernity” wanneer hy ons realiteit beskryf. Strukture en instellings smelt volgens hom vinniger weg as die tyd wat dit neem om hulle te ontwerp en op te rig. Niks hou lank nie. Sisteme wat gister nog effektief was, is vandag irrelevant. Laas week se oplossings is hierdie week ou nuus. Alles is vloeibaar, soos wat Heraclitus (ongeveer 535-475 vC) eeue terug al gesê het.
In hierdie wêreld van onsekerheid is “consumerism”, daardie eindelose spanderingsmentaliteit, mense se laaste uitvlug. Hulle “heiligdomme” is inkopiesentrums en aanlyn aankoop-plekke waar hulle al hulle behoeftes kan bevredig. Moenie saamvloei in hierdie verbruikersaangedrewe maalkolk nie. Die Prediker weet dis ’n bodemlose put. In hierdie put sal daar altyd nog iets wees wat jy nie het nie; nog iets wat jy moet hê. Ons lees in Prediker 5:10 wanneer besittings alles geword het in jou lewe, sal jy nooit genoeg hê nie. Jy moet jou skatte by die Here bymekaarmaak. Verskuif jou prioriteite Godwaarts. Kies om vrygewig te leef in die Here se Naam. Wees ruim met jou liefde. Maak ander se laste ligter. Dan wen God se vryheid in jou. Dan raak jy te-vrede.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God se vrede is soveel anders as ons idees van vrede. Dit is nie sinoniem met wapenstilstande tussen militêre magte en politieke kragte nie. Nee, God se vrede is ’n vrede van die hart. Dit is vrede met God, vrede wat oorspoel na alles en almal rondom jou. Stephan Joubert moedig jou aan om hierdie vrede na te streef ten spyte van die lewe se stampe en stote.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za