Die Bron van jou blydskapVoorbeeld

Doen dit vir die Here
Broer Lawrence was ’n Franse monnik wat in die sewentiende eeu geleef het. Hy het dit gehaat om in die klooster se kombuis te werk. Algaande het broer Lawrence egter ontdek dat hy God net so goed agter sy potte en panne kon dien as in die klooster self. Toe sy gesindheid teenoor sy werk verander het, het dit vir hom ’n vreugde geword.
Jesus het Marta nie betig omdat sy gewerk het nie, maar omdat haar werk haar geïrriteer het. Om hierdie rede lê die meeste huisvroue se simpatie gewoonlik by die besige Marta en nie by Maria wat by Jesus se voete gesit en na Hom geluister het nie. Soos Marta wonder ons ook waarom óns al mense is wat die werk moet doen en hoekom niemand ons help kosmaak, opruim en skottelgoed was nie. Soos Marta raak ons ook maar vies in die kombuis voor die stoof en opwasbak wanneer die res van ons huismense lekker in die sitkamer sit en gesels. Indien jy egter die huiswerk wat jou irriteer in die vervolg vir die Here doen, kan jy jou huishoudelike sleurwerk in ’n aanbiddingsdaad omskakel sodat jou huiswerk nie meer vir jou ’n kruis gaan wees nie, maar ’n vreugde waarin jy die teenwoordigheid van God ervaar.
Here, ek wil van nou af my lastige sleurwerk vir U doen sodat dit vir my ’n vreugde word. Amen.
Hierdie oordenkings is geneem uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde "ten spyte van". Nina Smit wil jou in hierdie 7-dag-leesplan herinner dat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n Persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za
Verwante Leesplanne

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
