Die Bron van jou blydskapVoorbeeld
Geniet jou lewe
Niemand van ons weet hoe lank ons nog op die ondermaanse gaan wees nie – geniet dus elke oomblik van jou lewe en maak die meeste daarvan. Moenie vergeet om pret te hê nie.
’n Mens kan self baie doen om seker te maak dat jy gelukkig is deur dié dinge te doen wat vir jou lekker en bevredigend is. Daar is min dinge wat my so gelukkig maak as om ’n nuwe boek van een van my gunsteling skrywers in die biblioteek te ontdek; of nog beter, om so ’n boek te koop sodat ek dit vir die res van my lewe op my boekrak het om te lees net wanneer ek daarvoor lus kry. Nog dinge wat my gelukkig maak, is om iets te skryf wat van die begin af maklik vloei, om met my man te gesels, om saam met my kinders en kleinkinders te kuier en natuurlik om te reis en lekker te eet!
Volgens David Niven het mense wat pret het ’n 20% kans om gelukkiger te wees as ander. Besluit dus sommer nou om in die vervolg meer tyd af te staan aan dié dinge wat vir jóú pret verskaf en jou gelukkig maak.
Here, ek loof U vir u goedheid teenoor my – daar is soveel dinge wat vir my lekker is en wat my lewe die moeite werd maak. Dankie vir elkeen van hulle. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde "ten spyte van". Nina Smit wil jou in hierdie 7-dag-leesplan herinner dat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n Persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za