Die Bron van jou blydskapVoorbeeld

Die Bron van jou blydskap

DAG 2 VAN 7

Vind jou vreugde in die Woord!

In Psalm 1 kry ons ’n mooi beskrywing van hoe ’n mens lyk vir wie die Woord van God ’n vreugde is; ’n mens wat tyd met daardie Woord deurbring. Só ’n mens is soos ’n boom wat by waterstrome groei. Omdat sy wortels altyd water kry, bly sy blare groen en dra hy vrugte op sy tyd. Dit gaan altyd goed met so ’n mens en die Woord van God en sy verhouding met God is vir hom ’n standhoudende bron van vreugde. Dié mense wat ver van God leef, daarenteen, is soos kaf wat deur die wind versprei word, en hulle lewenspad eindig in ’n doodloopstraat.

As jy tyd maak om die Woord van God intensief te bestudeer, sal jy soos die psalmdigter se boom wat by waterstrome geplant is, ’n bron van krag wees wat vir God geestelike vrug dra.

Die keuse is egter joune. Net jy kan besluit of jy soos ’n vrugteboom by ’n waterstroom wil wees deur jou in die Woord van God te verlustig en jou vreugde daarin te vind, of soos kaf wat deur die wind weggewaai word omdat jy God en sy Woord nie ken nie. Kies jy vandag vír God of téén Hom?

Hemelse Vader, ek kies om my vreugde in u Woord te vind, om vir U vrug te dra en ’n bron van krag te wees. Seën my asseblief in alles wat ek doen. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Bron van jou blydskap

Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde "ten spyte van". Nina Smit wil jou in hierdie 7-dag-leesplan herinner dat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n Persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za