Leesplan inligting

Die Bron van jou blydskapVoorbeeld

Die Bron van jou blydskap

DAG 1 VAN 7

Die bron van jou blydskap

As God nie die bron van jou blydskap is nie, sal jy nooit werklik weet wat ware blydskap is nie. Net as jy aan Hom behoort, sal jy onvoorwaardelike blydskap in jou lewe kan ervaar, want sonder Hom kan daar nie sprake wees van werklike blydskap nie.

Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan en elke krisis wat oor jou lewenspad kom met blydskap op te los. Met God as die bron van jou vreugde sal jy dit kan regkry om met blydskap te leef, ook al kan ánder mense niks in jou omstandighede sien waaroor jy bly behoort te wees nie. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde ten spyte van. Ten spyte van jou negatiewe omstandighede sal jy dit steeds kan regkry om van vreugde te borrel omdat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan.

Here Jesus, ek loof U as die bron van my vreugde wat dit vir my moontlik maak om in álle omstandighede bly te wees. Dankie dat U vir my versoening met God bewerk het. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Bron van jou blydskap

Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde "ten spyte van". Nina Smit wil jou i...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid