Die Bron van jou blydskapVoorbeeld
Die beste manier om te getuig
Terwyl Christene op aarde is, word hulle altyd aan swaarkry blootgestel. Soos Jesus gely het, ly sy kinders ook. Tog is die krag van Jesus heeltyd tot ons beskikking.
Terwyl jy besig is om te ly, kry jy ’n geleentheid om oor jou geloof te getuig en dit dra veel meer krag as ’n getuienis wanneer dit net goedgaan met jou. Swaarkry maak juis dat Jesus vir ánder in jou lewe sigbaar word. Dit is die manier waarop jy optree terwyl jy swaarkry wat vir ander mense wys dat jy ’n geheime kragbron tot jou beskikking het; ’n innerlike vreugde wat nie van jou fisiese omstandighede afhanklik is nie; ’n vrede wat net van God kan kom; ’n hoop wat dag vir dag deur God vernuwe word. God se kinders word inderdaad in die wêreld uitgelewer aan swaarkry en die dood sodat die lewe van Jesus in hulle sterflike bestaan vir ánder sigbaar kan word.
Vra God om dit vir jou moontlik te maak dat jy te midde van jou persoonlike stuk swaarkry só sal lewe dat mense vir Jesus in jou lewe sal kan raaksien en God die eer daarvoor sal gee. Dan sal jou dankgebede meer word en sal God die eer daarvoor ontvang, getuig Paulus in 2 Korintiërs 11:15.
Here Jesus, dankie vir die nuwe insig dat dit juis my swaarkry is wat dit vir my moontlik maak om ’n kragtige getuie vir U te wees. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde "ten spyte van". Nina Smit wil jou in hierdie 7-dag-leesplan herinner dat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n Persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za