Die Bron van jou blydskapVoorbeeld

Die Bron van jou blydskap

DAG 4 VAN 7

Vreugde

God is die bron van alle ware vreugde. Vreugde behoort dus ’n wesenskenmerk van God se kinders te wees. As jy God liefhet, kán jy mos nie anders as om ’n vreugdevolle mens te wees nie: Jy weet dan vir seker dat jy verlos is, dat God altyd by jou is, dat Hy vir jou alles goed sal laat uitwerk en dat die hemel vir jou wag. Christene kan dit selfs regkry om soos Habakuk te getuig: “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder” (Habakuk 3:17-18).

As jou eie vreugdevlammetjie op die oomblik laag brand, kan jy iets daaraan doen; ware vreugde is altyd aansteeklik. As jy iemand anders gelukkig maak, sal jy self in die geluk deel wat so ’n persoon ondervind. God wil graag sy vreugde vir jou gee — bly naby Hom en maak ander mense bly. Dan sal jy elke dag in die son van sy vreugde kan leef.

Vader, ek loof U vir die vreugde wat ek ondervind omdat U by my is, omdat ek U ken. Help my om hierdie vreugde deur te gee aan elke ander mens wat my pad kruis. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Bron van jou blydskap

Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde "ten spyte van". Nina Smit wil jou in hierdie 7-dag-leesplan herinner dat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n Persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za