My Allerbeste vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Allerbeste vir Sy Hoogste

DAG 6 VAN 7

INNERLIKE ONOORWINLIKHEID

Hebreërs 12:6 sê: “Want die Here tug hom wat Hy liefhet.” Hoe kleinlik is ons klaagliedere nie! Ons Heer begin om ons by die plek te bring waar ons met Hom gemeenskap kan hê, net om te hoor hoe ons steen en been kla: “O Here, laat my tog net soos ander mense wees!” Jesus vra dat ons langs Hom moet stelling inneem en een kant van die juk op ons neem sodat ons kan saamtrek. Dit is waarom Jesus vir ons sê: “My juk is sag en my las is lig” (Matteus 11:30). Kan jy jou op so ’n intieme wyse met die Here Jesus vereenselwig? Indien wel, sal jy God dank wanneer jy sy hand op jou voel druk.

"Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie "(Jesaja 40:29). God kom haal ons uit ons emosionele toestand en dan verander ons gekerm in ’n lofsang. Die enigste manier om die krag van God te leer ken is om die juk van Jesus op ons te neem en van Hom te leer.

Waar kry die gelowiges hul vreugde vandaan? As ons sommige Christene nie geken het nie, sou ons deur net na hulle te kyk gedink het dat hulle hoegenaamd geen laste het om te dra nie. Ons moet egter die sluier voor ons oë wegneem. Die feit dat die vrede, lig en vreugde van God in daardie mense is, is ’n bewys dat die laste ook daar is. Die las wat God op ons plaas, pars die druiwe in ons lewe om wyn te produseer, maar party van ons sien net die wyn en nie die las nie. Geen mag op aarde of in die hel kan die Gees van God wat in die menslike gees woon oorwin nie; dit skep ’n innerlike onoorwinlikheid.

Indien jou lewe net ’n gekerm in plaas van wyn voortbring, raak sonder enige genade daarvan ontslae. Dit is beslis ’n oortreding vir ’n Christen om swak te wees in die krag van God.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

My Allerbeste vir Sy Hoogste

Oswald Chambers is bekend vir sy klassieke oordenkings. In hierdie 7-dag-leesplan wil hy jou herinner hoe belangrik die regte verhouding met God is, want daarin vind jy jou blydskap. Dan sal jy vind dat “strome van lewende water” uit jou sal vloei (Johannes 7:38) en kan jy ’n fontein wees waardeur Jesus sy “lewende water” kan laat vloei.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za